Gender Equality Bill: Media Releases
April 1, 2014

Persverklaring - 2 February 2014

Union Buildings Pretoria

INSAKE: PARLEMENT HERINNER DAT SA GRONDWET VRYHEID VAN GELOOF WAARBORG EERDER AS VERBIED

Kontroversiële nuwe voorgestelde wetgewing, naamlik die Wetsontwerp op die Bemagtiging van Vroue en Geslagsgelykheid, is deur die Parlement oorweeg tydens openbare verhore gehou op Woensdag 29 Januarie en Donderdag 30 Januarie 2014. Die Wetsontwerp skryf onder andere ‘n minimum kwota van 50% verteenwoording van vroue in besluitneming-strukture voor, en gee aan die Minister wye magte om nakoming van die Wet af te dwing.

In ‘n persverklaring vroeër die week, het ACDP LP Cherylynn Dudley haar kommer uitgespreek dat die Wetsontwerp meer skade as goed sal doen. “Dit versterk nie demokrasie wanneer dit effektiewelik met vryheid van keuse inmeng en op gronde van geslag voorskryf nie,” het sy gesê.

“FOR SA”, ‘n organisasie wat staan vir vryheid van geloof in Suid-Afrika (“Freedom of Religion in South Africa”) en deur Kaapstadse kerkleier Andrew Selley begin is, het die Parlement toegespreek rondom die bedreiging wat die Wetsontwerp inhou vir individue se vryheid van geloof, asook vir die Kerk se outonomie om haarself, volgens haar (die Kerk se) interpretasie van die Bybel, te bestuur.

“FOR SA” het aan die hand gedoen dat die Minister se mag om te besluit op wie die Wet van tyd tot tyd van toepassing sal wees, te wyd en derhalwe ongrondwetlik is. Hul het verder aanbeveel dat Kerke en godsdienstige / vrywillige organisasies spesifiek van die Wet uitgesluit moet word.

‘n “FOR SA” woordvoerder en ‘n Advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika, Nadene Badenhorst sê, “as ‘n organisasie en as Christene, is ‘FOR SA’ vir vroue en glo ons onwrikbaar dat die menswaardigheid, waarde en vermoëns van vroue gelyk is aan dié van hul manlike eweknieë en daarom ook gelykwaardig is om eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik te word. As sulks, ondersteun ons die bedoeling van die Wetsontwerp en verwelkom ons die pogings om vroue in ons samelewing in die breë, te bevry en te bemagtig.”

“FOR SA” se bekommernis egter is dat, alhoewel die Wetsontwerp diskriminasie teen ‘n sekere kategorie van vroue (wie leierskap nastreef) elimineer, diskrimineer dit teen ander vroue (wie ‘n Bybelse oortuiging het dat leierskap van die huis asook die Kerk op mans se skouers rus en wie, as gevolg van die Wetsontwerp maar teen hul oortuiging en vrye wil, gedwing kan word om leierskap op te neem of deel van bestuurstrukture te word).

“Terwyl een vryheid (geslagsgelykheid) gewen word, word ‘n ander belangrike vryheid (vryheid van keuse, wat vryheid van godsdiens, denke en oortuiging insluit) verloor,” sê Badenhorst.

“Deur waardes gebaseer op die Staat se waardesisteem en interpretasie van die Bybel wetlik te bepaal, skryf die Staat voor wat mense moet glo en nie moet glo nie. Dit is ‘n mate van denkebeheer, wat nooit regverdig kan word nie,” het sy aan die Parlement gesê.

Die Wetsontwerp laat ook die Staat toe om met die outonomie van die Kerk (om haar eie sake ooreenkomstig haar verstaan van die Bybel) te bestuur, in te meng met die gevolg dat Kerke en/of godsdienstige organisasies wat geloofsoortuiginge wat as diskriminerend teenoor vroue beskou mag word, preek en beoefen, gedwing mag word om tussen hul geloof en die Wet te kies.

Vir hierdie redes, glo “FOR SA” dat die Wetsontwerp moontlik ongrondwetlik is.

In haar slotsom, het Badenhorst die Parlement herinner dat ons Grondwet die vryheid om ‘n geloof na te volg en te beoefen, as ‘n fundamentele reg waarborg en ‘n beroep op die Parlement gedoen om nie wette te maak wat vryheid van geloof verbied, en sodoende een van die kenmerke van ‘n vrye en oop samelewing te ondermyn en vernietig nie.

Ander belangegroepe wat by die verhoor teenwoordig was, het die patriargale houdings en praktyke wat na hul mening steeds ons samelewing deurdring – ook in ons huise en Kerke – skerp veroordeel. Party groepe het daarop aangedring dat Kerke en godsdienstige organisasies spesifiek in die Wet ingesluit word.

Menige belangegroepe het ander probleme in die Wetsontwerp uitgewys, insluitend dat daar reeds wetgewing met dieselfde oogmerke bestaan; die addisionele administratiewe en finansiële las wat dit op besighede en organisasies plaas; en die groot koste om die Wet te implementeer en te monitor – alles vir die belastingbetaler se rekening.

Na afloop van die verhoor, sal die Portefeulje Komitee oor die Wetsontwerp en die pad vorentoe beraadslaag.

EINDE

Geskryf namens FOR SA deur Nadene Badenhorst, ‘n FOR SA woordvoerder en Advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika.

Vir Verdere Inligting Kontak:
Pauline Sayers | 082 568 5117
Kommunikasie Konsultant | 021-5574667
pressoffice@forsa.org.za | forsa.org.za

Subscribe to Newsletter
Share this article

Stay Informed

Be the first to hear about matters affecting religious freedom in South Africa.
Receive timely alerts, updates on legislation, court matters, and opportunities to make your voice heard in key public processes. Staying informed enables you to respond wisely and participate meaningfully when it matters most.

In today’s world, it is crucial to understand the challenges we face and how to respond effectively.

FOR SA’s talks are informative and engaging, providing clear, insightful updates on the state of religious freedom in South Africa and globally.

You will also learn about ongoing efforts to protect and promote religious freedom, as well as how you can play a part in supporting this cause.

Abstract green textured pattern with wavy, zigzag lines.