Gender Equality Bill: Media Releases
April 1, 2014

Persverklaring - 25 Januarie 2014

Union Buildings Pretoria

INSAKE: KERKLEIER VERSOEK OPTREDE MET BETREKKING TOT NUWE ‘WETSONTWERP OP GESLAGSGELYKHEID’ SE BEDREIGING VIR GELOOFSVRYHEID

‘n Kerkleier van Kaapstad en woordvoerder vir ‘FOR SA’, Andrew Selley, doen ‘n beroep op Christen-leiers in Suid-Afrika om ‘n verenigde standpunt in te neem om die inmenging van die Staat in die Kerk te stop, en om die outonomie van vryheid van geloof en vryheid van spraak, wat ernstig deur die voorgestelde Wetsontwerp op Geslagsgelykheid bedreig word, te beskerm.

“Alhoewel ons die Wetsontwerp aanbeveel en onomwonde vír vroue en hulle gelykheid in die werksplek en alle areas van ons samelewing is, is daar geen uitsondering in die Wetsontwerp om die vryheid van individue en godsdienstige gemeenskappe, aan te spreek nie,” sê Selley.

“Indien die Wetsontwerp deurgevoer word, kan hierdie nuwe Wet kerkleiers wat Skrifgedeeltes soos Efesiërs 5:23 preek, of wat preek dat die man die hoof van die gesin is, vir tot vyf jaar tronk toe laat gaan,” sê Selley.

“Die Wetsontwerp is nóg ‘n poging om ‘n baie gevaarlike presedent te stel vir die Staat se inmenging met en beheer van godsdienstige instellings, asook gesinslewe in Suid-Afrika,” het hy bygevoeg.

“Wat ook al jou teologiese posisie, Christene van alle dele van die samelewing en verskillende geloofsoortuiginge, sal van hul vryheid van assosiasie, spraak en geloof ontneem word.”

“Indien die Wetsontwerp deurgevoer word, sal dit die Staat toelaat om met die interne werking van godsdienstige instellings in te meng en uiteindelik voor te skryf hoe godsdienstige instellings Skrifgedeeltes moet interpreteer en onderrig, veral met betrekking tot die bestuur van godsdienstige instellings en die funksionering van die gesinseenheid,” sê Selley.

In ‘n brief aan Christen-leiers, noem Selley dat die Parlement die publiek genooi het om kommentaar op die Wetsontwerp per e-pos te stuur, vir oorweging by die openbare verhore op Woensdag, 29 en Donderdag, 30 Januarie.

“Ons het die geleentheid nie net om kennis te neem van die Wetsontwerp nie, maar ook om voorstelle te maak vir die wysiging daarvan in sy huidige vorm. ‘FOR SA’ sal daar wees.”

Selley sê, “Ons is hoop is dat, deur saam te staan, ons ‘n wysiging tot die Wetsontwerp kan voorstel waardeur die Staat die outonomie van die Kerk sal erken en vrye spraak van geloofsoortuiginge sal handhaaf, en sodoende elke kerk sal toelaat om te glo, te preek, en haarself te bestuur, sonder om die wet te oortree of tronkstraf te vrees.”

Kommentaar of voorstelle tot die wysiging van die Wetsontwerp, kan gestuur word aan pressoffice@forsa.org.za.

EINDE

No items found.
Subscribe to Newsletter
Share this article

Stay Informed

Be the first to hear about matters affecting religious freedom in South Africa.
Receive timely alerts, updates on legislation, court matters, and opportunities to make your voice heard in key public processes. Staying informed enables you to respond wisely and participate meaningfully when it matters most.

In today’s world, it is crucial to understand the challenges we face and how to respond effectively.

FOR SA’s talks are informative and engaging, providing clear, insightful updates on the state of religious freedom in South Africa and globally.

You will also learn about ongoing efforts to protect and promote religious freedom, as well as how you can play a part in supporting this cause.

Abstract green textured pattern with wavy, zigzag lines.